Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Emdoneni Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushlands-weg 123, Bushlands, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 960 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Emdoneni Lodge is in die hartjie van Zoeloeland in Hluhluwe. Dié lodge bied unieke geleenthede vir gaste om naby die plaaslike natuurlewe te wees. Gaste kan by die swembad sit en na sebras, njalas, duikers en rooibokke in hul natuurlike sandwoudhabitat kyk of jagluiperds, tierboskatte, rooikatte en Vaalboskatte by die katbewarea sien.

Verblyf is beskikbaar in 'n verskeidenheid chalets wat geskik is vir 2 gaste en 'n rondawel vir 'n gesin van 4. Elke chalet het 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, sowel as ’n haardroër, kluis, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Rondawel is ’n ronde eenheid met ’n grasdak wat ideaal vir gesinne van 2 volwassenes en 2 kinders is. Die slaapkamers word verdeel deur deure. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en die eenheid het ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die rondawel het ’n haardroër, kluis, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ’n privaat patio.

Gaste kan buffet-etes by die restaurant of by die boma onder die Afrika-naghemel geniet. Sluit die aand af met 'n nagkelkie in die kroeg of 'n geselsie voor die kaggel.

Neem deel aan die toer deur die Zululand Cat Conservation Project en leer meer oor Suid-Afrika se bedreigde wildekatspesies. Gaste word betower deur die skoonheid van die rooikat (Lynx), die Serval, en deur die spoed en ratsheid van die jagluiperd en Afrikaanse Wildekat.

Die lodge bied wildritte in die Hluhluwe/Imfolozi Wildpark of gaste kan reis na St Lucia neem om 'n paar seekoeie en krokodille op 'n rustige middagbootvaart te besigtig nie. Ander aktiwiteite sluit in visvangcharters, 'n besoek aan die nabygeleë Zoeloe kulturele dorpie, vierwielmotorfietsry, perdry of die dag deurbring op die bekende Kaap Vidal- en Sodwanabaai-strande.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Emdoneni Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Bushlands-weg 123, Bushlands, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Emdoneni Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 2 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushlands-weg 123, Bushlands, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde1db3e34058f1f00faae3df28921a50d1558e07ac9e9987e43b778b842d0e992337ece76a3871f8878945b6d1d265810590?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 960 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Bushlands Road 123 Bushlands 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.102793201857 32.27490035714

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang