Family Home
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Current 21, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Family Home is 'n ruim vakansiehuis in die gewilde kusgebied van Wavecrest, Jeffreysbaai, en is ideaal vir gesinne of 'n groot groep vriende wat 'n wegbreek van die stad se gewoel wil hê.
Dié eiendom kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed sowel as 'n spieëltafel, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 'n dubbelbed sowel as 'n enkelbed bevat. Die eerste badkamer het 'n bad, terwyl die tweede badkamer net 'n stort het. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar in die derde badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n lugversorgde kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar in die aparte opwaskamer. Boonop is daar 'n 6-sitplek-eetarea sowel as 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV.
Deur die skuifdeure van die eetarea is daar 'n binnebraaikamer wat 'n ideale plek is vir gaste om hul tyd saam te geniet. Buite die huis is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek asook 'n uitgestrekte tuin. Die ligging van hierdie huis is net oorkant 'n openbare speelpark waar kinders kan speel tydens hul verblyf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Nicole Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Red Current 21, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Current 21, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang