Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

FIR Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Leicester Grove 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 472 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

FIR Villa is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Groenpunt, Kaapstad, en is 'n uitstekende keuse vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, maar steeds gerieflik naby Kaapstad se besienswaardighede soos die Groenpunt-stadion, V&A Waterfront, Seepunt en die middestad wil wees.

Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die gedeelde badkamer. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, wasmasjien, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Die sitarea lei na die eetarea met 'n groot etenstafel. Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n agterplaas met braaigeriewe en daar is 'n rugsteunkragstelsel vir kragonderbrekings. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Hierdie verblyf is naby verskeie plaaslike geriewe soos winkels en restaurante en Seepunt-promenade is ongeveer 900 m ver.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Leicester Grove 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 472
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 472
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Leicester Grove 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8a2ba495aad282e4caafd6bfd1063340843fd047457c512431f358c3d123e7fdfa036d253aab09966de92bfe4822ca1a4026?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 472 per nag (plek vir 6) 3 Leicester Grove Green Point 8051 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -33.908709997246 18.404839661377

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang