Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fonteinhutte Self-catering Apartments

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 R525 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Fonteinhutte Self-catering Apartments bestaan uit 'n versameling vakansie-chalets naby die hoofstrand in Jongensfontein, 'n kusdorpie langs Stilbaai op die skilderagtige Tuinroete. Die vakansiewoonstelle is ideaal vir gesinne of vriendegroepe wat op soek is na 'n stil bestemming vir 'n selfsorg-seevakansie.

Verblyf word in 11 volledige selfsorg-woonstelle gebied. Elke eenheid bied slaapplek aan 6 gaste. Die slaapkamers het enkel- of dubbelbeddens en elke eenheid het 'n privaat badkamer. Beddegoed en handdoeke word nie voorsien nie. Gaste moet asb. hulle eie saambring.

Die woonstelle se kombuise het elk 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, daar is ook onderdakbraaigeriewe. Die leefarea het 'n TV met beperkte DStv-kanale. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart te bring.

Die kuslyn het pragtige strande, indrukwekkende rotse en vele rotspoele vir kinders om in te speel. Daar is ook 'n klomp plekke waar jy kan visvang en swem, en ook goeie plekke vir walviskyk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Densil D
Gesin met klein kinders
5.0
Beslus waarde vir geld. Baie rustig, lekker naby die strand en baie veilig.
Jun 2024
Johann B
Gesin met tieners
5.0
Lekker. Ons het baie lekker gebly. Skoon en netjies.
Mei 2024
Esther S
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Het goed gerus.
Apr 2024
Ina F
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf. Ons het heerlik gebly, baie dankie! Uitstekende ligging! Net 'n aanbeveling, daar kan dalk een of 2 loadshedding-ligte ingesit word?
Feb 2024
Ian K
Saam met vriende
5.0
Heerlik! Ons het lekker gekuier!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Armand Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 200

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fonteinhutte Self-catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R 700 R 525
per nag (plek vir 5)
Vanaf R700
R 700 R 525
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb93f79b73c08373a1e14ace7059117ecad538c7d19caf06136f86ee548b9fbcd264ee2f3af0e971732e5c7335d273dd73992?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R525 per nag (plek vir 5) 71 5 1 5 Fonteinhutte Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.426367138204 21.337388992833

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang