Garden Guest Suite
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Violastraat 11, Clamhall, Parow Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Vanaf R699 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Garden Guest Suite bied knus selfsorgverblyf in 'n woonstel wat aan die eienaar se woning grens, maar het 'n aparte ingang en hoë mure wat totale privaatheid bied. Dié suite is in Parow Noord, Kaapstad geleë en is naby Plattekloof en die Noordelike Voorstede se wynroete, uitstekende restaurante en winkelsentrums.
Dié gastesuite bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne word voorsien
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, broodrooster, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele en hierdie area lei verder na die sitarea wat 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV het. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die glasdeure lei na 'n privaat stoep met buitemeubels en 'n draagbare braai. Daar is ook 'n privaat tuin. Toegangsbeheerde parkeerplek is op die perseel vir een voertuig beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Curwin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Violastraat 11, Clamhall, Parow Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Gaste dink Garden Guest Suite het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Parow Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Violastraat 11, Clamhall, Parow Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang