Gunyatoo Trout Farm and Lodge
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Gunyatoo Trout Lodge, Rhenosterhoek-vallei, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Vanaf R860 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Gunyatoo Trout Farm and Lodge is op 'n forelplaas in die Rhenosterhoekvallei, 25 km vanaf Sabie. Die lodge is net die plek vir 'n visvangvakansie of naweekwegbreek, maar elke natuurliefhebber sal in 'n spreekwoordelike paradys hier beland.
Verblyf is beskikbaar in 4 kamers by die lodge en 4 aparte selfsorg-eenhede. Die Lodge Pool Dble Lux, Lodge T King - Luxury, Twin Room en die Lodge King - Luxury het elkeen 'n en suite-badkamer, tee- en koffiemaakgeriewe en Franse glasdeure wat lei na 'n privaat balkon met 'n mooi uitsig oor die dennewoud en foreldam. Die Twin Room het 'n tussendeur wat na 'n kamer met 'n koninggrootte-bed lei. Dit kan saam bespreek word om 'n gesinseenheid vir 4 gaste te vorm. Lodge King - Luxury het 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is. Elke kamer het sy eie stoep.
Die Self Catering F/H Cottage- 2A+2C, Self Catering AA Log Cabin, Self catering The Studio, Selfcatering Fisherman's Cottage en die Eco Love Shack het elkeen 'n ten volle toegeruste kombuis en braaigeriewe. Die Selfcatering Fisherman's Cottage is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het sonkrag-ligte, 'n donkie-warmwatersisteem en gasaangedrewe toestelle.
Die plaas het 2 damme vol reënboogforel vir diegene wat van hengel hou, maar vir die ervare visserman is daar beperkte stroomvisvang met 'n bietjie bruinforel. Privaat kunsvlieghengel-klasse en groep-klasse kan op die perseel gereël word. Na 'n lang dag se hengel kan jy 'n drankie in die kroeg geniet, 'n potjie pool of veerpyltjies speel en in die sauna of swembad ontspan. Indien dit koud is, kan gaste om die kaggelvure in die sitarea kuier. Die Sabie-omgewing is 'n paradys vir voëlkykers, daarom is dit 'n moet om te ontspan op die stoep met 'n houtdek en na die volop voëllewe te kyk. Ander aktiwiteite sluit plaasroetes en wandelinge na die nabygeleë watervalle in. Reëlings kan getref word vir vierwielmotorfietstoere, perdryritte, kloofswaai en vlotvaart.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
DD Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Gunyatoo Trout Lodge, Rhenosterhoek-vallei, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Gaste dink Gunyatoo Trout Farm and Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Renosterhoek Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Gunyatoo Trout Lodge, Rhenosterhoek-vallei, Sabie, 1260, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang