Hello Kruger
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslangstraat 2140, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
- Vanaf R795 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hideaway Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 kothuise wat in die bos skuil. Die kothuis is ideaal in Marlothpark geleë, en lekker naby die heining wat aan die Krugerwildtuin grens.
Die Hideaway-kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei beddens het muskietnette. Die bome rondom die kothuis hou dit lekker koel, en daar is ook lugversorging in elke kamer. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Die kothuis het ook ’n oopplan-kombuis en sitarea. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n yskas, stoof, oond en mikrogolfoond. Daar is ook gratis WiFi, braaigeriewe en ’n privaat plonspoel.
Hello Kruger Skilpad beskik oor 1 slaapkamer met ’n dubbelbed en ’n badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n kombuisie met ’n buite-area.
Gaste kan die uitsig oor 'n privaat watergat geniet, wat gereeld deur wild, soos koedoes, vlakvarke, duikers en rooibokke besoek word. Die huis is uniek omdat dit op 'n groot stuk grond wat oor die park uitkyk gebou is. Die park is ongerep en wag net om verken te word. 'n Tafel en stoele bied 'n uitsig oor die park en is ideaal vir buite eet, 'n bietjie voëlkyk of om met 'n boek te ontspan. Daar is ook 'n buitestort om af te koel of om die ervaring van 'n stort buite in die bos te geniet.
Marlothpark is 'n plek waar wild en mense saam bestaan. Gaste kan die natuurlewe fyn dophou en van 'n ongelooflike boservaring verseker wees. Stap rustig of ry fiets al langs die Krokodilrivier in die Krugerwildtuin, en hou jou oë vir die Groot 5 oop.
Een van die Krugerwildtuin se toegangshekke is 22 km vanaf Marlothpark, en daar is ook plaaslike winkels en restaurante in die omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Emile Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Geelslangstraat 2140, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Hello Kruger het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslangstraat 2140, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang