Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Home in Santorini

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Santorini, Thira 52, Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, 4390, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Home in Santorini is 'n selfsorgwoonstel met 'n Griekse styl in 'n veilige kompleks aan die Dolfynkus. Dit is sowat 20 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe aan die Noordkus van Durban af.

Dié woonstel is ideaal vir 4 gaste (opsioneel 5) en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad en die ander een met 'n stort wat onlangs opgeknap is. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n opblaasmatras vir 'n vyfde gas. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, elektriese stoof, yskas, vrieskas, koffiemasjien, broodrooster, versapper, wasmasjien en skottelgoedwasser. Let asb. dat daar nie 'n oond is nie.

Dié groot oopplan-leefarea het lugversorging, verhitting en 'n platskerm-TV met DStv, gratis WiFi, boekrakke met Engelse en Franse boeke en speletjies vir gaste se gebruik. Daar is 'n kluis.

Die leefarea lei na 'n privaat terras met gasbraaigeriewe (Cadac-skottelbraai) en 'n lieflike uitsig oor die area en 'n gedeeltelike uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig 'n paar meter van die woonstel af. Daar is ook 'n ekstra parkeerarea vir besoekers en sleepwaens. Die verblyf word bereik deur 'n buitetrap. Geen troeteldiere, groepe of partytjies word toegelaat nie.

Gaste kan na een van die 6 swembaddens in die Santorini Village stap of 'n privaat voetpad na Thompsonsbaai se strand volg. Die strand het 'n area met lewensredders en die Olimpiese-grootte getypoel is veilig vir swem en snorkel. Daar is ook 'n tennisbaan en verskeie braai-areas wat eksklusief beskikbaar is vir Santorini se gaste.

Daar is baie winkels, supermarkte en restaurante in Ballito se middedorp, wat net 'n paar minute se ry weg is. Ballito is die ideale wegtrekplek vir besoeke aan toeristebestemmings, soos voetslaanroetes in die Drakensberg, onder andere The Gorge en Mont-Aux-Sources in Royal Natal Nasionale Park, 'n besoek aan die Cathedral Peak-area, en wildritte in Hluhluwe-Umfolozi Wildreservaat, St Lucia en Shakaland.

Let wel: Die woonstel het trappe. Aangesien Santorini op 'n heuwel gebou is kan gaste lieflike uitsigte oor die omgewing en die see geniet, maar ouer gaste of kinders gaste moet asb. die trappe in gedagte hou.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
3.3
Waarde vir geld
3.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Katja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Santorini, Thira 52, Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, 4390, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Home in Santorini het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Santorini, Thira 52, Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, 4390, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmQzxiudrFspYaSDbgiyXHgm2XujVrwN4npveI5WZ1fJU462O95?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 5 mense 4 5 1 4 Santorini, Thira 52 101 Ocean Drive 4390 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -29.524115816473 31.2268021536

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang