Horizon Savannah Tented Camp and Chalets
Kry 25% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 6 Boveneind, Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
-
Vanaf
R1 000R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Horizon Savannah Camp Site and Chalets is aan die oostelike kant van die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat. Horizon Savannah is op 'n 60 ha-bewarea met wild wat nie roofdiere insluit nie, dus is dit veilig om te gaan stap, fietsry en draf. Dit bied ook gerieflike toegang tot 'n selfry-roete in die Groot 5-gebied.
Verblyf is beskikbaar in 2 chalets en 1 tentkamp.
Die chalet met slaapplek vir 4 gaste beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die gesellige sitarea het 'n koningingrootte-bed en leerbanke. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die kothuis het skuifdeure wat na 'n onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe lei. Daar is ook 'n vuurput-kuierarea met sitplek.
Die chalet met slaapplek vir 2 gaste het 'n koningingrootte-bed, 'n gemaklike leerbank, 'n badkamer met 'n stort, 'n buitelug-eetarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en stoof. Daar is ook 'n privaat boma met braaigeriewe en 'n uitsig oor die swembad.
Horizon Savannah-tentekamp kan as 'n geheel bespreek word en is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 tente. Die eerste tent het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 tente het elk 2 enkelbeddens. Die badkamer is 'n privaat gebou op die terrein en het 'n stort, kombuisie, binnenhuise-eetgeriewe en 'n kaggel. Buite is daar 'n boma met sitplek.
Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad, veilige parkeerplek en 'n braaiarea in.
Ander aktiwtieite in die area sluit Arlington-kunsbrouery en anders restaurante in. Ons is 26 km vanaf Camp Discovery. Wildritte en selfry-roetes is gerieflik toeganklik in die Groot 5-reservaat.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lynne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Erfdeel 6 Boveneind, Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
- Gaste dink Horizon Savannah Tented Camp and Chalets het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 6 Boveneind, Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang