Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hummingbird 23 Houtboschbay

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Hummingbird 23 Houtbosch Bay is naby die strandfront van Astonbaai oorkant Marina Martinique buite Jeffreysbaai geleë, sowat 120 m vanaf die strand tussen duine en fynbos.

Dit is 'n houthuis met 2 vlakke. Die woonstel op die grondvlak kan nie bespreek word nie. Die huis spog met maklike toegang tot die strand via 'n promenade wat deur die reservaat lei, tussen die huise en sandduine. Daar is 1 restaurant binne 5 minute van die huis af.

Hummingbird bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n solder. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en sy badkamer, met 'n stort, is reg langs die kamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die solderkamer is ingerig met 'n enkelbed. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi. Gaste kan by hul eie DStv Now en Netflix aanmeld.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en stoele. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die reservaat en die see.

Daar is 'n gasbraai op die balkon. Weens die hoë brandrisiko word gaste aangeraai om nie die braaigeriewe op winderige dae te gebruik nie.

Jeffreysbaai is binne 5 km van die huis af en bied doendinge soos branderplankry, diepseehengel, vlieërbranderry, sandplankry en walvis- en dolfynkyk. Gaste kan die Charlotte Kritzinger Skulpmuseum besoek of by Dolfyn Beach se Blouvlagstrand swem. Stap in die 3 natuurreservate, gimnastiek, gholf, rolbal, tennis en perdry kan ook in die area geniet word, terwyl talle restaurante, winkels, die Fountains Mall en 'n kliniek binne maklike bereik van die huis is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Badkamer

  • En-suite

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 20

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Hummingbird 23 Houtboschbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa54e2e78764d40417028379fb626f5c551d18396ae55f8d15ae8be239d6f1e61041f6fc45c7fe8f5db8fd7d56d621221e587?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5) 16 5 1 5 14 Rameron Drive 23 Houtbosch Bay 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.082160365285 24.914486516632

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang