Idwala Le Ingwe Luxury Tent 03
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R96-pad, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Vanaf R2 120 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Idwala Le Ingwe Luxury Tent 03 is teen die Witwatersrandberge geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf met 'n skouspelagtige uitsig oor die vallei en op die Magaliesburgberge. Hierdie eenheid is 5,4 km vanaf Hekpoort en 39,1 km vanaf Hartbeespoortdam.
Dié eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n etenstafel en 'n kombuis wat met 'n yskas, stoofplaat, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus is. Die sit- en eetarea lei na 'n balkon met 'n buite-sitarea en 'n uitsig oor die braai-area en op die Magaliesburgberge.
Die area bied 'n verskeidenheid aktiwiteite wat gaste kan geniet en sluit skemerkelkieritte wat vooraf bespreek moet word en die Swartwitpens-staproete in. Gaste kan ook die ongemerkte staproetes wat verby die boskampe gaan, verken. Hartbeespoortdam is 39,1 km ver en bied aktiwiteite, soos toeriste-winkels, Hartieskabelkarretjie, restaurante, knortjorry, slangparke, asook 'n olifant- en 'n aapreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Simon Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 40
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Langs die R96-pad, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Gaste dink Idwala Le Ingwe Luxury Tent 03 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R96-pad, Hekpoort, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang