Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ikibiki

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brandstraat 14, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ikibiki is ‘n selfsorg-eenheid in Beaufort-Wes, wat die oudste en grootste dorp in die Groot-Karoo is.

Die eenheid bied 'n batterystelsel wat die ligte en WiFi tydens beurtkrag aan sal hou.

Dié eenheid het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het ‘n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het ook ‘n koningingrootte-bed. Daar is ook elektriese komberse en ekstra komberse.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV met DStv. Die sitkamer het ook 'n kaggel vir die koue wintersaande.

Daar is 'n sekuriteitskamera op die voorstoep wat wys na die hek vir voertuie wat voor moet parkeer.

Die eenheid lei na ‘n onderdakstoep. Die stoep bied ‘n uitsig oor die beskutte tuin met ‘n piekniektafel, stoele, braaigeriewe en speelarea vir kinders met klimraam en trampolien.

Beaufort-Wes se trekpleisters sluit die Beaufort-Wes Museum, Christian Barnard Museum, donkiekartoere en die Karoo Nuweveld 4x4-roete in. Bergplaats Wildreservaat is naby en sluit wildkyk, perdry en bergfietsroetes in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Giradot B
5.0
Aircon bied lafenis in die snikhete warm Karoo. Gratis WiFi en DStv 'n bonus. Veilige en rustige omgewing. Stylvol ingerig. Familie met jong kinders s...
Sien meer
Nov 2024
Ronelle D
Saam met vriende
5.0
Beslis 'n aanbeveling! Dit was beslis die moeite werd. Heerlike ruim vertrekke en stil omgewing.
Sep 2024
Marie T
Gesin met klein kinders
5.0
Gesellig en gemaklik. Ons het baie lekker gebly, ek was ongelooflik karsiek en dit was heerlik om by Ikibiki af te pak en net bietjie te rus. Die hout...
Sien meer
Sep 2024
Whitney G
Gesin met klein kinders
5.0
Great value for money and kids enjoyed them. It is a great place, definitely value for money. Wish we could have stayed longer.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Esme Frylinck F
5.0
Vir seker 'n aanbeveling! Aangename verblyf met alles wat mens nodig het. Skoon, netjies en baie stylvol gemeubileer. Kaggel is 'n lekker ekstra vir d...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ilse Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 60

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Brandstraat 14, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ikibiki het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brandstraat 14, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7842d1903ce79de7591906cdf0472b9a10c180f604100ca79729cd0e6fa33d7356fd5a4aae7c98311bd9717c23e327719759?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6) 37 5 1 5 14 Brand Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.352041397363 22.586763565467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang