Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ingwe Kruger Retreat

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Luiperdstraat 4140, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Ingwe Kruger Retreat is in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bosveld in Marlothpark, wat aan die Krugerwildtuin grens, geleë waar die diere vrylik rondbeweeg. Die selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste insluitend kinders. Dit erf is 'n smal stuk erf wat aan 'n grasveld grens en dus is privaatheid waarborg.

Verblyf word in 3 ruim slaapkamers aangebied. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n waaier. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, een met 'n bad en die ander een met 'n stort. Daar is ’n ekstra area langs die sitarea met 2 addisionele enkelbeddens.

Die groot kombuis het 2 yskas-vrieskaste sodat alle kos en drankies koud gehou kan word. Die kombuis het ook 'n mikrogolfoond, lugbraaier, gasstoof en elektriese oond. Dit lei na 'n oopplan-sitarea wat op sy beurt lei an 'n groot onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe. Op die boonste verdieping is daar nog 'n onderdak-kuierarea met 'n tweede braai-area en 'n gastebadkamer. Hiervandaan kan gaste die bosuitsig op 'n boomtopvlak geniet.

Daar is ook 'n omsetter om te verseker dat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie. Die omsetter hou die ligte, kragproppe en WiFi aan die gang.

Gaste kan in die laatmiddag afkoel in die plonspoel. Langsaan die swembad is daar 'n boma-area waar gaste lekker vuur kan maak onder die Afrika-sterre in die bosveld.

Die Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin is net 15 minute se ry ver wat die gaste die geleentheid bied om hierdie wêreldbekende toeriste-trekpleister te verken.

Komatipoort is net 20 minute se ry ver waar gaste winkels, 'n slaghuis, apteker en nog baie meer sal vind.
'n Dagkliniek is in Marloth Park vir enige mediese noodgeval beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lee-Ann Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 9

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Luiperdstraat 4140, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Ingwe Kruger Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Luiperdstraat 4140, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA19f1fb96800160adbb3deab5f718280776dccea6f5159ef6f2cdf2a439d087a811a5a17162956943beaf98eaf0bd9e250d45?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 4140 Luiperd Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -25.35171 31.80217

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang