Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Ridge Eco-lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Ridge Eco-lodge is in die Karoo Ridge-bewarea, sowat 58 km vanaf Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Dié lodges skuil op 'n 10000 ha-plaas met inheemse Nguni- en Ankole-beeste en ander wild.

Die River Lodge is in 'n pragtige, stil vallei met ongelooflike natuurskoon geleë en is eenvoudig dog smaakvol versier. Die lodge is van herwinde materiaal gebou en beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen 2 driekwartbeddens het. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n suite-badkamer en 'n koninggrootte-bed op versoek het, en die gaste in die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met bad- en stortgeriewe. Al die slaapkamers lei na 'n sentrale oopplan-leefarea.

Die Mountain Lodge is in die berge se voorheuwels geleë en bied 'n pragtige horison-uitsig van die voorkant van die eenheid af. Daar is 2 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Twee stapeldeure in die oopplan-leefarea bied toegang tot die stoep waar daar hangstoele en sonstoele is.

Elke eenheid se kombuis is met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus. Iemand kan op versoek vir gaste kom kos maak, maar dit moet vooraf gereël word. Elke eenheid lei na 'n stoep met sonstoeole met 'n uitsig oor 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n vuurput. Die River Lodge het 'n hangmat, trampolien, sandput en speelgoedboks vir kinders. Die Mountain lodge bied 'n uitsig oor 'n watergat waar die wild, wanneer dit gereën het, kom drink.

Gaste kan lekker op die wandelpaaie in die berge of na die voëlkykskuiling gaan stap of hulle bergfietse saambring en die plaas op hulle eie tyd verken. Wees op die uitkyk vir die sebras, swartwildebeeste, gemsbokke, springbokke, swartwitpense en blesbokke. Daar is ook plaas-aktiwiteite en bewarea-toere waarna gaste kan uitsien. Verder bied die lodge ook spanbou-aktiwiteite, gesinspret en Pa-en-Seun-naweke.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Bosstaproete
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Karoo Ridge Eco-lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlZTA2MTA0LWMyZTQtNDhlMi04MjE4LTAxNmI0NTMyMzRiMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Karoo Ridge Eco-lodge Karoo Ridge Conservancy 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.247916666667 25.44075

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang