Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Rus

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Karoo Rus bied twee opsies, die een is Karoo-Rus met twee slaapkamers wat ingerig is vir vier gaste. Dan is daar ook Tiny Karoo-Rus wat ingerig is vir slegs 2 gaste. Vir 6 gaste kan altwee bespreek word.

Karoo Rus bied 'n rustige toevlugsoord met 'n pragtige uitsig op die Langeberge in die geskiedkundige dorp Montagu in die Wes-Kaap. Montagu lê tussen Kaapstad en Oudtshoorn op die bekende Kaapse Roete 62.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede: die hoofhuis en die kothuis.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Karoo Rus is juis so ingerig dat gaste kan ontspan. Dit is 'n plek waar families en vriende mekaar weer kan vind en net lekker kan kuier. Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond en 'n gasstofie vir beurtkrag toegerus en daar is 'n binnebraai. Die stoep bied 'n pragtige uitsig, daar is 'n hangmat en 'n buitebraai, en gaste kan in die privaat plonspoel met 'n uitsig op die berge ontspan. Die plonspoel kan ook op koeler dae verhit word. Daar is privaat en veilige parkeerplek op die perseel.

Tiny Karoo-Rus is 'n moderne klein kothuis vir 2 in die hartjie van Montagu-Wes. Die kothuis het lugversorging vir die warm somersdae en 'n verwarmer vir die koue wintersaande. Die kothuis het 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea, 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n dek. Die slaaparea het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf oond, tweeplaatgasstoof, ketel, breekware en eetgerei. Die dek het sitplek en buitebraaigeriewe en daar is 'n marmerbad op die dek waar gaste onder die sterre kan ontspan.

Montagu is bekend vir sy warm minerale bronne, asook museums, kunsgalerye, boeremarkte en restaurante.
Waarvoor Montagu seker die bekendste is, is sy natuurskoon en al die wandelroetes, rotsklim en bergklim.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Michael V
Saam met lewensmaat
5.0
Short but very comfortable. Very cute little room with everything that you need. We loved the patio area with the tub. The place is con...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Ursela V
Saam met lewensmaat
5.0
Klein Wegbreek Plekkie. Pragtige wegbreek eenheid vir 'n naweek. Netjies uitgelê vir die klein spasie wat net net 2 gaste kan akkommodeer en ook priva...
Sien meer
Okt 2024
Marius S
Gesin met tieners
5.0
Netjiese verblyf waar jy rustig kan word. Dit was goed om so bietjie weg te breek en Karoo Rus was definitief waarde vir geld. Baie mooi omgewing, ste...
Sien meer
Jul 2024
Wilhelm H
Saam met lewensmaat
5.0
Oulike container home. Oulike "container home". Goeie waarde vir geld.
Mei 2024
Deonette V
Saam met lewensmaat
5.0
Karaktervolle heerlike koel huisie in somerhitte. Baie lekker, dankie! Ek dink net die WiFi moet opgradeer word vir mense wat wil werk, maar verder is...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hendrik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Rus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA206603826af79ee71bd60bbfeadaacef657003df851b72994a51882b935785d9800c8367388aaf274b50522ee767d6b49523?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 51 5 1 5 2 Klip Street Montagu West 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.782464705976 20.112394953725

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang