Kat Kondo
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buitenkantstraat 37, Wolroy House 406, Stadskern, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kat Kondo is 'n retro en uniek versierde ateljeewoonstel in 'n ou teefabriek wat in 1910 gebou is. Hierdie een-uit-'n-miljoen-woonstel is die ideale opsie vir katliefhebbers wat die Moederstad wil verken aangesien hierdie verblyf in die hartjie van Kaapstad se stadskern is.
Hierdie stylvolle woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Die badkamer het 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die slaapkamer-area lei na die kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus is. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is stapeldeure wat na die sonnige balkon met sitplek en braaigeriewe lei waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet en oor die stad tuur. Hierdie woonstel is stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Buitenkantstraat 37, Wolroy House 406, Stadskern, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Kat Kondo het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buitenkantstraat 37, Wolroy House 406, Stadskern, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang