Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingfisher Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kitchener-weg 33, Cypress Grove, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kingfisher Lodge is in Graaff-Reinet, die juweel van die Karoo, geleë. Ons verwelkom jou graag, of jy net deurreis of beplan om hierdie geskiedkundige dorp vir 'n paar dae te verken. Die lodge is in 'n stil bos langs die Sondagsrivier geleë met reuse, ou bome wat 'n rustige atmosfeer in die pragtige tuin skep.

Die akkommodasie bestaan uit 8 stylvolle en volledig gemeubileerde kamers met en suite-badkamers. Elke kamer het sy eie ingang wat direk na die binnehof lei. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in. Ontbyt word daagliks voorgesit en die vriendelike personeel, Katie en Freda, sal seker maak jy begin jou dag op 'n hoë noot.

Die lodge bied ook 'n gerieflike sitarea waar jy kan lees, 'n TV-kamer, wynkelder, 'n kroeg langs die swembad en 'n vermaakarea waar gaste kan kuier terwyl hulle braai of potjiekos voorberei.

Kom bewonder Graaff-Reinet se ryk geskiedenis en aanskou asemrowende sonsondergange, Die Vallei van Verlatenheid, daguitstappies na Nieu Bethesda en ander interessante liggings, en wildritte op land en water.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.5
Diens
3.6
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Cornelia D
5.0
Baie aangenaam. Kan dit ten sterkste aanbeveel. Baie rustige, netjiese plek met 'n wonderlike gasvrou wat uit haar pad uit gegaan het om dit gerieflik...
Sien meer
Des 2023
Melanie B
5.0
A blessing. I was so blessed to have found Kingfisher and Carina and her inviting home surrounded by dogs and warm hospitality. I loved...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Jopie P
Saam met vriende
4.6
Stoeptasting 2023 - Wonderlike naweek. Kingfisher Lodge se eiendom is pragtig.
Mei 2023
Adre J
Gesin met tieners
4.2
Baie rustig. Pragtige tuin en rustig. Ontbyt was heerlik.
Apr 2023
Peet S
Saam met lewensmaat
4.2
Ná 1200 km reis was dit 'n lafenis! Vriendelike ontvangs en bekendstelling van Graaff-Reinet as dorp is waardeer! Kamer was gemaklik, netjies en skoon...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.7/5

Carina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kitchener-weg 33, Cypress Grove, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kingfisher Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kitchener-weg 33, Cypress Grove, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2cfa22eee9db129ea8f22107bd7651f2d91253043acb826fd81f047ba10be38dab75df28fa3ca6fe4c24fc6b21e3b9a8742?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 74 5 1 4 33 Kitchener Road Cypress Grove 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.251421060987 24.541941958705

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang