Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kitesurfers Dream on the Beach

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hang Ten-rylaan 1, Sunset Bay Eenheid 18, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Kitesurfers Dream on the Beach is 'n luukse selfsorgwoonstel in die veilige Sunset Bay-kompleks in Blouberg. Dié woonstel is slegs 10 m vanaf die strand, 100 m van 'n inkopiesentrum met koffiewinkels, restaurante, kroeë en wasgoedienste, en 80 m vanaf 'n MyCiTi-bushalte. Die woonstel is ideaal vir diegene wat sweefski geniet, werkende jongmense en vakansiegangers.

Die woonstel bied slaapplek aan 3 gaste en het lugversorging, 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis, eet- en leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet, 'n wasbak, ondervloerse verhitting en verhitte handoekrelings. Die slaapkamer het toegang tot 'n balkon.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n etenstafel met 'n bankie, sowel as 'n lessenaar met 'n ergonomiese stoel. Die sitarea het 'n bank en 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Onbeperkte vesel-internet is beskikbaar. 'n Ekstra bed kan in die sitarea geplaas word vir 'n derde gas. Die leefarea lei na 'n balkon met buitemeubels en 'n see-uitsig.

'n Aangewysde, ondergrondse parkeerplek is beskikbaar, sowel as 'n toesluitmotorhuis waar 'n branderplank of sweefski-toerusting gestoor kan word.

Die Sunset Bay-kompleks het 'n lieflike, gemeenskaplike swembad met 'n dek en piekniektafels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv

Ligging

  • Hang Ten-rylaan 1, Sunset Bay Eenheid 18, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hang Ten-rylaan 1, Sunset Bay Eenheid 18, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef35a99e8fd83871e052ea4c1ad85996320e24fdc26c9421171d198222f40b80993bcf055f241c32301441887edd852d96cb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 3 mense 1 Hang Ten Drive Sunset Bay Unit 18 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.79389697782 18.457825012828

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang