Laguna La Crete 38
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R880 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Laguna La Crete 38 is 'n ruim eenheid op 'n netjiese sekuriteitskompleks se eerste verdieping reg teen Uvongo se hoofstrand en strandmeer. Jy hoef slegs sowat 300 m oor die grasperk te wandel om by Uvongo se windbeskutte strand met haainette, die strandmeer en waterval uit te kom. Dit is heel moontlik een van die mooiste plekkies aan KwaZulu-Natal se Suidkus.
Dié eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV maar u eie DSTV dekoder word benodig.
Die ruim, onderdak-balkon is die ideale plek om veilig in die buitelug te ontspan. Die eenheid het pragtige uitsigte oor die see, branders, hoofstrand en die strandmeer van die hoofslaapkamer, sitarea, kombuis en balkon af, en gaste kan die dag reg begin deur die skouspelagtige sonsopkoms vanaf die balkon te geniet.
Uvongo is die perfekte plek vir vakansiegangers en, weens die matige klimaat, bied dit dwarsdeur die jaar geleentheid vir sonbaai, swem, branderplankry, lyfplankry, hengel, voetslaan, draf, berg- en padfietsry, en kano- en bootvaart. Boonop is Margate, Ramsgate en Marina Beach se Blouvlagstrande net 'n paar minute se ry van Uvongo af. Margate bied oorgenoeg aksie vir jongmense, binne en buite seisoentyd. As jy die ideale surf-plek soek, is St Michaelsstrand die plek vir jou!
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ettienne Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 40
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Laguna La Crete 38 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beacon Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang