Live Lekker Stylish Coastal Hideaway
Kry 10% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 29 Nov 2024 tot 10 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen Estate 10, Keurboomstrandweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 350R2 115 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Live Lekker Stylish Coastal Hideaway is 'n natuurwegbreekplek op 'n veilige landgoed net buitekant Plettenbergbaai, 'n kusdorpie op die Tuinroete in die Wes-Kaap. Dit is die ideale bestemming vir gaste wat lief is vir die natuur en op soek is na 'n ontspannende wegbreek naby die see.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende slaapkamer het 'n stapelbed en daar is slegs 'n toilet in die oorblywende badkamer.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met 'n slim-TV en DStv, 'n eetarea en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, koffiemasjien en skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër in die motorhuis beskikbaar.
Die skuifdeure lei na die stoep met 'n gas- en Weber-braai. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het ook 'n omsetter wat die Wi-Fi tydens beurtkrag aanhou.
Gaste kan op die sonnige stoep of in die tuin, wat deur Melkhoutbome omring word, ontspan of in die gemeenskaplike soutswembad, wat op pad na die strand gevind kan word, swem. Die privaat strand voor die landgoed kan nie vanaf die pad deur die publiek bereik word nie, wat dit ideaal maak vir 'n ontspannende en privaat vakansie. Verder kan gaste die skoonheid van een van die ongerepte kusstrande vanaf die uitkykdek geniet.
Let asb. dat die strand nie ideaal is vir gewone swemdoeleindes nie aangesien daar sterk strome is. Die eienaars swem wel daagliks en gaste kan hul eie diskresie gebruik en/of addisionele swemhulpmiddels soos lyfplanke. 'n Blouvlagswemstrand met lewensredders in die somermaande is net 1,2 km met die pad af, ongeveer 10 minute se stap langs die strand. Die strome is net so sterk daar, maar gedurende die somer is daar lewensredders aan diens.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Carol Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Milkwood Glen Estate 10, Keurboomstrandweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Live Lekker Stylish Coastal Hideaway het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen Estate 10, Keurboomstrandweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang