Makhato 84 Bush Lodge
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato 84 Bush Lodge is in die Sondela Natuurreservaat in Limpopo, net buitekant Bela-Bela geleë is. Die lodge is ongeveer 90 minute van OR Tambo Internasionale Lughawe en Sandton af.
Die eenheid bied slaapplek vir 8 gaste en het 2 slaapkamers en 'n solder-area. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die oopplan-solder beskik oor 4 enkelbeddens en 'n kamerverdeler. Die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n hoekbad, wasbak en 'n stort.
Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met volle DStv. Buite is daar 'n dekarea met 'n tafel en 4 stoele wat uitkyk oor die braai-area en die pragtige uitsigte oor die bos. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, potte, eetgerei en breekware. Die kuier-area beskik oor 'n ruim veranda met 'n eetkamertafel met sitplek vir 8, 'n gasverwarmer, gas- en 'n Weberbraai. Die veranda lei na 'n boma met 'n groot braai-area en kampstoele.
Al die kamers sluit linne en handdoeke in, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Sondela Natuurreservaat bied 'n verskeidenheid wild, staptogte in die natuur en safaris. Die reservaat spog met hordes Njalas en ander wild soos kameelperde, blouwildebeeste, sebras, vlakvarke, muishonde en vele ander spesies. Doendinge en geriewe by Sondela sluit die volgende in: bergfietsroetes, wildritte, speelparke vir die kinders, perdy, 4x4-ritte, swem, tennis speel en wandelpaaie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Nicola Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 45
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Sondela Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato 84 Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang