Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Makoppas Nest River Lodge

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Rosendale MR221, 40 km op die Swartwaterpad, Alldays, 0909, Limpopo
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Makoppas Nest River Lodge is op die oewer van die Magalakwena-rivier en word omring deur wildreservate wat in privaat besit is. Die area is die tuiste van wild soos kameelperde, sebras, koedoes, gemsbokke, krokodille en luiperds. Voëlkykers sal talle wilde Afrika-voëlspesies soos visarende, saalbekooievaars, gompoue en rooiborslaksmanne kan sien.

Verblyf word in selfsorgchalets op die rivieroewer en oornagkothuise om die swembad aangebied. Die meeste van die eenhede het lugversorging. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die selfsorgchalets het elkeen 'n stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n stoep by elke chalet vanwaar gaste die pragtige sonopkoms en sonsondergang kan aanskou.

Die lodge het 'n gelisensieerde restaurant, 'n knus kroeg, 'n swembad, speelarea en 'n konferensiesentrum.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rickus N
Saam met lewensmaat
5.0
Natuurskoon op sy beste! Vergeet van die see! Gegaan vir besigheid en het die beste tyd gehad. Bos en rivier op sy beste. Heerlike restaurant en kuier...
Sien meer
Sep 2024
Derick R
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Uitstekende waarde vir geld. Menu uit die boeke uit.
Aug 2024
Marlien V
5.0
Rustig, gerieflik met 'n mooi uitsig en werklike vriendelike ontvangs! Wat 'n heerlike plek om by oor te slaap. Sal graag weer oorbly.
Jul 2024
Tarina L
Saam met vriende
5.0
Een vir die boeke. Baie lekker en rustig. Baie privaat en stil. Braaiplek is baie lekker en daar is ook restaurant as jy nie wil kos maak nie.
Sep 2023
Tarina L
Saam met lewensmaat
5.0
Would definitely go again. Had a great experience and the host was friendly. If you want a relaxing and fun weekend I would definitely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Delmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Plaas Rosendale MR221, 40 km op die Swartwaterpad, Alldays, 0909, Limpopo
  • Gaste dink Makoppas Nest River Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Rosendale MR221, 40 km op die Swartwaterpad, Alldays, 0909, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d5e1bbf81be8a17b4f9eccaab1b8b555cce65d4f82a0213e3e761f40eae8dd7b953a9ad2f99ec08aaa0e3ac0977353346e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Farm Rosendale MR221 40 km on the Swartwater Road 0909 Limpopo 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -22.648943942755 28.781983381615

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang