Mistyridge Guesthouse
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Mistyridge Guesthouse is 'n selfsorgplaashuis op 'n aartappelsaadplaas net buite Lydenburg in Mpumalanga. Die huis is aan die bokant van die Longtom-pas en die panoramiese uitsigte is pragtig. Die plaas is in die misgordel so hier heers dan en wan 'n lieflike atmosfeer wanneer die mis oorkom. Dit is ook gewoonlik 5 grade koeler op die berg as in die dorp wat sowat 20 km van die plaas af is.
Die gastehuis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste in dié 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Daar is ongelukkig geen DStv nie en die TV is nie 'n slim-TV nie. Gaste kan hul eie USB stokkie saambring of die kabel aan 'n skootrekenaar koppel vir beeld. WiFi is beskikbaar. Daar is 'n binnebraai en 'n eetkamertafel met 8 stoele.
The Hops Hollow Beer Brewery is sowat 10 km van die plaas af en gaste kan ontbyt eet by die Misty Mountain Hotel. Sabie, Graskop en Pelgrimsrus is lekker naby. Besoekers kan gerus ook 'n draai maak in die lieflike nabygeleë dorpie genaamd Dullstroom.
Jammer, geen troeteldiere word toegelaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Loune Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gaste dink Mistyridge Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lydenburg Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang