Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Moholoholo Ya Mati

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
  • Vanaf R1 408 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Moholoholo Ya Mati is op die oewer van die Blyderivier geleë, weggesteek tussen welige jakkalsbessie-bome en omring deur pragtig-onderhoude grasperke. Met die wêreldbekende Moholoholo Wildlife Rehabilitation naby en die Krugerwildtuin se Orpen-hek net 70 km weg, is Ya Mati die perfekte ligging om die pragtige Laeveld van Suid-Afrika te verken.

Moholoholo Ya Mati bied verblyf in 5 luukse selfsorg-chalets, ideaal vir 'n wegbreek vir 'n gesin. Maaltye kan op versoek voorberei word en by jou chalet bedien word. Kontak ons asb. vir meer inligting en die spyskaarte.

Ya Mati bied 'n restaurant en teetuin met 'n speelarea vir die kinders, alles op die oewer van die Blyderivier geleë en met die Drakensberge as agtergrond. Gratis WiFi is in die restaurant beskikbaar.

Ya Mati is die ideale plek vir daardie spesiale troue of funksie. Daar is 'n unieke klip- en grasdak-kapel en ruim funksie-geriewe langs die rivier.

'n Uitstappie na die gewilde Moholoholo Wildlife Rehabilitation-sentrum word hoogs aanbeveel. Die sentrum huisves baie van Suid-Afrika se weggegooide, beseerde en vergiftigde wildspesies. Die Moholoholo-span is baie toegewyde natuurbewaarders wat Afrika se wild wil bewaar en is ook uiters passievol daaroor is om hul kennis te deel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Amri E
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, net kort. Sal definitief weer daar bly. Heerlik gebly. Baie gerieflik en pragtige plek.
Mei 2024
Igna B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek vir troues en partytjies. Ongelooflike mooi plek, uitstekende diens ontvang. Ons sal vir seker weer gaan kuier.
Mei 2024
Jonty M
5.0
Fantastiese diens, asemrowende natuurskoon, goeie instandhouding, waarde vir geld. Verwagtinge oorskry. Beeldskone natuur.
Jan 2024
Adele E
Saam met lewensmaat
5.0
Onbeskryflik. Amazing personeel!!! Beste ontvangs en vriendelikheid. Amazing plekkie, waar jy en die bos een raak en soveel rustigheid ervaar. Elke ho...
Sien meer
Sep 2023
Thelna K
Besigheidsreis
5.0
Absolutely fabulous. The service, the chalet, and the food were absolutely fabulous.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marisa Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
  • Gaste dink Moholoholo Ya Mati het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 408
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 408
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVmMGYxOTQ3LWU4MjUtNDM3OS1hMzMzLWEzYTM4MzIzMGEwYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 408 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 Off the R531 Hoedspruit 1370 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.503292545567 30.838396349536

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang