Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Natspat Unit 2

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Natspat Eenheid 2, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Natspat is 'n gerieflike selfsorg-eenheid in 'n veilige kompleks. Die eenheid het 'n pragtige uitsig oor die see en dis stapafstand van die Margate- en Uvongo-strand af. Hierdie eenheid is onlangs opgeknap en het 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai, tafel en stoele. Hier kan jy rustig sit terwyl jy kyk hoe walvisse en dolfyne verby swem.

Hierdie selfsorg-eenheid het 2 slaapkamers, en kan 4 volwassenes en 2 kinders akkommodeer. Die hoofslaapkamer se skuifdeur lei na die stoep, en dit het 'n dubbelbed sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die tweede badkamer het 'n bad en toilet. Daar is 'n enkelplaatgasstoof met 'n ketel en ligte tydens beurtkrag beskikbaar. Linne word voorsien, maar bring jou eie handdoeke, strandhanddoeke en vadoeke.

Daar is ook 'n TV met DStv, 'n oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea en 'n sitarea wat op die stoep oopmaak.

Die eenheid het 2 onderdakparkeerplekke en daar is 'n swembad in die kompleks.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Helen V
Saam met lewensmaat
5.0
We had a great time. Excellent location, unit very clean. Clean beaches and streets thanks to Tidy Towns.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Ben C
5.0
Lovely unit with 10/10 ocean view. The unit is spacious, clean, and well appointed and the ocean view is to die for. Will certainly rec...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023
Charles P
Saam met lewensmaat
4.4
Walvisse was 'n treffer. Weereens 'n wenner. Rustigheid is Natspat se tweede naam.
Okt 2024
Judy V
Gesin met tieners
4.4
Heerlike see-uitsig gesinsvakansie-eenheid. Natspat Unit 2 is 'n heerlike gesinsvakansie-eenheid. Die heerlike groot stoep en ligging is ideaal om te ...
Sien meer
Apr 2024
Grobbie V
Saam met lewensmaat
4.4
Baie lekker kuierplek en gerieflik. Mooi uitsig. Voorstel - dalk 'n enkelplaatgasstofie vir koffie en 'n herlaaibare lig vir gebruik tydens beurtkrag.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Linky Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 97

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Natspat Eenheid 2, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Natspat Unit 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Natspat Eenheid 2, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAH65S2B8W260QJg54zwX21oXmk5tYdKvX7567zoTHmgqHMAdAm3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4) 33 5 1 5 Natspat Unit 2 Lilliecrona Boulevard 4276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.850939143238 30.385707914829

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang