Oaklands Pied A Terre
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beaumont-straat 10, Oaklands, Johannesburg, 2192, Gauteng
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Oaklands Pied A Terre is 'n bekoorlike ateljee op 'n privaat perseel. Die ateljee is heeltemal apart van die hoofhuis. Dit is in Oaklands, Johannesburg, lekker naby 'n park, gimnasium, restaurante, Melrose Arch, Rosebank, en Wits Universiteit. Toegang tot die hoofweg, Gautrein en die lughawe is glad nie 'n probleem nie so dis ideaal vir sakelui en akademici.
Die ateljee het slaapplek vir 2 mense op 'n dubbelbed en daar is 'n kas en lessenaar. Die en suite-badkamer het 'n wasbak, stort, toilet en verhitte handdoekrelings. Verder is daar 'n yskassie, mikrogolf, verwarmer, koffie- en teemaakgeriewe, en WiFi.
Oaklands Pied A Terre het 'n privaat uitgang na 'n klein dek en 'n privaat tuinarea. Die ateljee het ook sy eie alarmstelsel en parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Ligging
- Beaumont-straat 10, Oaklands, Johannesburg, 2192, Gauteng
Sien meer verblyf in Johannesburg Wes-Rand Gauteng
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beaumont-straat 10, Oaklands, Johannesburg, 2192, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang