Olive Bumble
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Deel 59, Grootsuikerboschkop, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Olive Bumble is 'n gastehuis in die hartjie van Dullstroom in Mpumalanga. Die gastehuis is op 'n 1,9 ha-plot met diere soos hasies, miniatuur bergbokke, honde, katte, perde en nog meer. Vir die kinders is daar 'n groot swaai en trampoline. Olive Bumble is geleë naby besienswaardighede soos die Dullstroom Natuurreservaat, Dullstroomdam, Dullstroom Roofvoël- en Rehabilitasiesentrum en die Verlorenvallei Natuurreservaat.
Olive Bumble het 3 selfsorgeenhede. Goue Forel is privaat en het ’n braaidek. Dit is ideaal vir ’n gesin.
Reënboog en Bruin Forel deel ’n stoep en bied ’n uitsig oor die diere. Losstaande braaiers kan vooraf gereël word. Hierdie 2 eenhede is ideaal vir groter groepe wat naby mekaar wil bly, of op soek is na apart kamers.
Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos visvang, voetslaan, vierwielmotorfiets ry, perdry en bergfietsry.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Janine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 182
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Deel 59, Grootsuikerboschkop, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Olive Bumble het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Deel 59, Grootsuikerboschkop, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang