Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1 is halfpad tussen McGregor en Greyton geleë. Dit is 2 uur se ry vanaf Kaapstad via Worcester, Robertson en McGregor, wat dikwels 'The Road to Nowhere' genoem word. Die ligte van die nabygeleë dorpies op die R62, die wêreld se langste wynroete, en die Overberg verseker saans 'n skilderagtige uitsig. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die kothuis spog met 'n uitsig oor die hele Breedevallei.

Die kothuis beskik ook oor 'n eet- en sitarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas en 'n mikrogolf toegerus. Buite is daar 'n swembad, braaigeriewe en 'n uitsig oor die Gobosrivier met 'n klomp rotspoele.

Kom stap vanaf die Gobosrivier of op die nabygeleë gemerkte voetpad en bewonder die blomme op die plaas. Hierdie natuurliefhebbersparadys lê in die hartjie van die Riviersonderendberge en word ook deur die bergpieke van die Langeberge en Galgeberge omring.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 141 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Corrie B
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige uitsig en regtig 'n plek om te rus. Baie dankie. Baie goed vir die siel.
Mei 2024
Jaco H
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Heerlike wegbreek in die berge met pragtige natuurskoon.
Apr 2024
Candice G
Gesin met tieners
5.0
Unbelievable. Our stay was wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Charlene B
Gesin met tieners
5.0
Dit is stil, mooi, en die natuur is wonderlik. Ja, baie lekker, goed uitgerus.
Des 2023
Chris S
Saam met lewensmaat
5.0
Kosbare stilte in wonderskone omgewing. Onvergeetlike uitsig, goedtoegeruste eenhede en oorverdowende stilte. Wat 'n totale fees!
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Jana Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 152

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb1e3555904abe816f357f77dc69950b1c8accb946af07c2bfd9ae4ef25334c9b2d2634349f8e1f7aaa6edcdbee247b83c010?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 141 5 1 5 Onverwacht McGregor 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.014358795694 19.727853834629

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang