Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

P21 @ Selborne Park

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofweg, P21 Selborne Park Gholflandgoed, Eenheid 35, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

P21 @ Selborne Park is 'n bekoorlike selfsorghuis wat op die gholflandgoed in Pennington geleë is. Hierdie huis is perfek vir 'n gesinswegbreek, of groep vriende.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 2 modern ontwerpte badkamers met 'n aparte toilet. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping geleë en het 'n koninggrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is op die boonste verdieping en is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Hierdie 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n ruim badkamer met 'n bad, stort en toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is oopplan na die leefarea en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Boonop is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en droër vir gaste se gerief. Dit strek tot by die etenstafel en maak verder oop na die sitkamer wat gemeubileer is met gemaklike sitplek, en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Buite is daar 'n groot onthaalarea met 'n onderdakstoep, buitemeubels en braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis op die perseel, en 'n gholfkarretjie vir eksklusiewe gebruik kan teen 'n addisionele fooi gehuur word (onderhewig aan beskikbaarheid en ander bepalings en voorwaardes).

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Ou Hoofweg, P21 Selborne Park Gholflandgoed, Eenheid 35, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofweg, P21 Selborne Park Gholflandgoed, Eenheid 35, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6b846701d8fad356bc4ca9cc77fd7b0838fa42ddec18eefb2d8e37255b3c30114a4eb00dfdac3897c3b9a6542629a29851c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) Old Main Road P21 Selborne Park Golf Estate, Unit 35 4184 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.371381203435 30.676371235864

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang