Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Paarl Grand

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carlettastraat 5, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Paarl Grand bied selfsorgverblyf in Paarl en is ideaal vir klein gesinne en sakereisigers op soek na gerieflike en ruim verblyf.

Verblyf word in 3 eenhede gebied, naamlik The Paarl Grand Apartment, Mountain View Room, asook Garden View Room.

Die Paarl Grand Apartment bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof en oond, 'n yskas en 'n eetarea toegerus. Die sitkamer het sitplek en 'n TV. WiFi, parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar. Die woonstel is op die onderste vlak van die eiendom.

Die Mountain View Room het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en stort. Geriewe in die kamer sluit 'n TV, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, en parkeerplek in.

Die Garden View Room het 'n tuinuitsig en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bad en stort. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe en parkeerplek in.

Verder het all gaste toegang tot die swembad, gedeelde gaste stoep met 'n sitkamer, eetkamer en braaigeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Renate V
Saam met vriende
5.0
Skoon en netjies en waarde vir geld. Ons het baie lekker gebly, die inklok was vergemaklik deur duidelike instruksies per WhatsApp gestuur. Regtig waa...
Sien meer
Nov 2024
Annuscha V
Besigheidsreis
5.0
Lekker! Ons het baie lekker gebly! Kommunikasie was baie goed! Baie netjies, mooi en skoon. Inklokproses was baie gerieflik. Baie dankie!
Nov 2024
Etienne S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker oornagplek in Paarl. Ons het heerlik oorgebly in 'n pragtige, skoon fasiliteit. Die gasheer is tegelyk vriendelik en baie hulpvaardig. Die ligg...
Sien meer
Nov 2024
Sobrina V
Saam met lewensmaat
5.0
Na elke dag kon ons die dag afsluit met 'n goeie nagrus. Heerlik gekuier, alles was wonderlik gewees.
Okt 2024
Courtney M
Saam met vriende
5.0
An excellent place to escape to. Really so grateful to have found such a stylish and serene space to escape to over the weekend. The ho...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Petrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Carlettastraat 5, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Paarl Grand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carlettastraat 5, Paarl, 7620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8155fd8b06aaa1417e157c6c5b8c257453476a5b89ef39e74f456a52818ed172d35ed6ff68b8543a39a5707162ce4106e5fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 5 Carletta Street Paarl 7620 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-00:00 10:00 -33.729082934093 18.956930384656

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang