Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Peace Valley Guesthouse

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wouterstraat 2, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 R1 440 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Peace Valley Guesthouse is op 'n landgoed in die hartjie van Napier in die Wes-Kaap geleë.

Die gastehuis beskik oor 3 individueel versierde gastekamers, waarvan een 'n gesinseenheid met slaapplek vir 4 gaste is. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.

Daar is 2 groot damme direk voor die hoofhuis wat deur 'n verskeidenheid watervoëls besoek word. Ganse, ibisse en 'n paar hadidas is gereelde besoekers en daar is al 'n otter ook gesien. 'n Tarentaal-gesin dwaal ook gereeld in die tuin rond. Die 2 inwonende Labradors, Lex en Chelsea, swem daagliks.

Peace Valley Guesthouse bied die ideale plek vir ontspan vir gaste wat van die besige stadslewe wil ontsnap. Die gastehuis bied 'n rustige toevlugsoord waar gaste 'n terapeutiese welstandsnaweek kan geniet, met masserings, gesigbehandelings en refleksologie. Dit moet vooraf bespreek word.

Die gastehuis is naby moderne restaurante, kroeë en interessante winkels en museums geleë. Daar is fiets-, stap- en perdry-roetes vir die energieke gas.

Die gastehuis is lekker naby Arniston en Struisbaai se strande, en Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Hermanus, Gansbaai, Stanford is ook naby. De Hoop, Die Mond en Kaap Agulhas Nasionale Park is bestemmings wat die moeite werd is om te besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lorna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Wouterstraat 2, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Peace Valley Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Napier Overberg Wes-Kaap
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 440
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 440
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wouterstraat 2, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA01758a4d6718cd08530d4df0fda1107eae90db495eb89815e53b8e534427af5f4df8f403e464c41fbd17898c731a2640714c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 440 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 2 Wouter Street Napier 7270 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-18:00 10:00 -34.478012280053 19.903664588928

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang