Pentz View
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pentz-rylaan 45, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R990 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Pentz View bied lieflike selfsorg-vakansieverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel wat in die hartjie van Flamingo Vlei geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir gaste wat die Moederstad wil besoek en bied 'n wonderlike uitsig oor die see en op Tafelberg.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n instapstort, dubbelwasbak en 'n toilet. Gehaltelinne, badhanddoeke en seep word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, lugbraaier, ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n sentrale eiland met stoele. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv. Daar is ook 'n lessenaar en gratis WiFi.
Tydens beurtkrag voorsien 'n omsetter krag aan die WiFi en TV. Daar is ook herlaaibare lampe en 'n fluitketel wat gaste tydens beurtkrag kan gebruik.
Daar is 'n privaat stoep met braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is oorkant 'n meer, asook naby 'n Aquatic Club, Watersport en Sanccob Seabird Centre. Dit is ook baie sentraal aan groot roetes. Daar is 'n gimnasium, vulstasie en 2 winkelsentrums net 1 km vanaf die verblyf en die see en Kite Beach is 2 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Neil Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Pentz-rylaan 45, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Pentz View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Table View Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pentz-rylaan 45, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang