Ramsgate Rendezvous 13
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bream-singel, Ramsgate Rendezvous 13, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ramsgate Rendezvous 13 is ’n smaakvol versierde eenheid op die eerste verdieping van ’n veilige kompleks in Ramsgate en bied pragtigte see-uitsigte. Die eenheid het nie enige trappe vanaf die parkeerarea nie.
Die woonstel bied verblyf aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. Die kamer het ook ’n plafonwaaier en ’n pragtige uitsig oor die see. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die moderne tweede badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien en gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n tuimeldroër. Die kompleks het ’n wasgoedkamer waar wasgoed gedoen kan word. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het ’n gerieflike sitkamerstel, sowel as ’n TV met DStv. Gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Alternatiewelik kan gaste DStv op die slimboksie stroom aangesien daar gratis onbeperkte WiFi beskikbaar is.
Die leefarea lei na ’n lieflike patio-area en het stoepmeubels, sonstoele en braaigeriewe. Die stoep het panoramiese uitsigte oor die see.
Die eenheid spog ook met 'n UPS-stelsel wat ononderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag verskaf. neem asb. kennis dat dit die geiser en stoof uitsluit.
Daar is ’n swembad in die kompleks. Daar is ook ’n onderdakparkeerplek en ’n veilige parkeerplek vir besoekers voor die kompleks.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand via ’n strandhekkie. Ramsgate se hoofstrand is 200 m vanaf die eenheid. Daar is winkels en restaurante in die onmiddellike omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 93
Resensies 404
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Bream-singel, Ramsgate Rendezvous 13, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ramsgate Rendezvous 13 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ramsgate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bream-singel, Ramsgate Rendezvous 13, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang