Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riverridge LifeStyle Farm Tiny House

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Riverridge LifeStyle Farm Tiny House bied lieflike plaasverblyf op die oewer van die Goukourivier, net 15 km vanaf Stilbaai. Die plaas bied rustigheid en daar is 'n verskeidenheid rivieraktiwiteite, soos waterski en roei. Daar is ook hoenders en skape en die Goukou-rivieroewer is 'n toevlugsoord vir voëlkykers. Hierdie omgewing is ideaal vir gaste wat die natuurskoon wil geniet.

Dié huis is 'n gesellige toevlugsoord en het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind onder 12 jaar oud. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort en 'n kompostoilet sonder 'n spoelfunksie.

Die kombuis is met 'n ketel, broodrooster en 'n gasstoof toegerus. Gaste het toegang tot hul eie braai- en piekniekarea, asook 'n houtvuurwarmbad.

Die plaas is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en is heeltemal sonkrag-aangedrewe. Neem asb. kennis dat kragverbruik moontlik dienooreenkomstig bestuur moet word.

Gaste van alle ouderdomme is welkom, asook troeteldiere indien dit vooraf gereël word en ook mits dit nie 'n bedreiging vir die plaasdiere inhou nie. Aktiwiteite op die plaas sluit watersport op die rivier, hardloop, bergfietsry, voetslaan en voëlkyk in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbank vir 1

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Juan L
5.0
Baie lekker vir een aand gewees. Het baie lekker gebly, maar die toilet is net 'n groot probleem want dit is 'n eco-toilet en los 'n reuk en lok gogga...
Sien meer
Nov 2024
Tiaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustigheid gevoel. Dit was baie lekker om by die tiny house te bly. Alles is mooi, netjies en goed uitgedink.
Okt 2024
Chantell F
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek vir 'n naweek wegbreek. Ons het vreeslik lekker gebly, die plekkie is so mooi ingerig en alles wat ons nodig gehad het was beskikbaar. Ons het...
Sien meer
Okt 2024
Charmaine T
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful off the grid getaway! What a great getaway to Stillbaai. The location is totally off the grid and a wonderful, peaceful farm ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Burger P
Saam met lewensmaat
4.8
Puik. Rustig, rustig, met rivier voor jou, en voëls wat jou vroeg oggend begroet met hulle sang.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Izelle Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 13

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Riverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverridge LifeStyle Farm Tiny House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA01eafe6ed3114afe8c3b4a607d91827f97186c9cde83f0f31f4557b6d83a5dc3ca305ed3a9b183d43267a00e76397f270185?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 Riverridge Lifestyle Farm GK33 Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.3108653 21.3240206

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang