Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Roll-Inn@Myrtle

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Myrtle-straat 12, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Roll-Inn@Myrtle is 'n privaat selfsorgsuite wat aan die eienaar se huis in Jeffreysbaai minder as 600 m vanaf die strand, geleë is.

Dié suite bied gerieflike verblyf aan 3 gaste en beskik oor 'n smaakvolle en luukse slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhandoeke saambring. Die suite het 'n privaat ingang met 'n kodeslot vir veiligheid.

Daar is ook 'n mikrogolfoond vir voedselopwarming, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe. Bioafbreekbare eetgerei, borde en glase word voorsien. WiFi is ook beskikbaar.

Die suite lei na 'n lieflike stoep met tuinmeubels, 'n gasbraai en 'n buitebraai. Daar is ook 'n groot, omheinde grasperk en is ideaal vir kleiner troeteldiere.

Dié suite bied parkeerplek onder 'n motorafdak op die perseel vir 1 voertuig en 'n sleepwa. Die eenheid is naby 'n winkelsentrum en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Marius K
Saam met lewensmaat
5.0
Roll-Inn@Myrtle is beslis rolstoeltoeganklik en ons het niks meer verlang nie. Heerlik, rustig en ons is bederf.
Sep 2024
Louise C
Saam met vriende
5.0
Heerlik, rustig, mooi, netjies & ontspannend. Reneé het definitief 'n aanvoeling & passie vir gasvryheid; sy het al ons verwagtinge oortref met haar s...
Sien meer
Apr 2024
Karin H
Saam met lewensmaat
5.0
Wow! Julle sien ons beslis weer! Baie dankie vir die gasvryheid! Wat 'n belewenis! Die gasvrye ontvangs met aankoms het ons sommer tuis laat voel! 'n ...
Sien meer
Feb 2024
Desiré P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie gemaklik. Baie goeie dienslewering.
Jul 2023
Colla T
Saam met lewensmaat
5.0
Wow, awesome. Al die resensies wat ek gelees het is 95% waar. Dit was ongelooflik, 120%. Die ontvangs, die akkommodasie. Netjiese kwaliteit verblyf. D...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Reneé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Myrtle-straat 12, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Roll-Inn@Myrtle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Hoër toilet
Hefboomkrane
Laer wasbak
Inrolstort
Stort- of badstoel
Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Ingang en paadjie sonder trappe
Breë badkamerdeur
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Myrtle-straat 12, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA694eead84e8c0a982579067f05221201dac5fed852d9561fb6ebd342b44756bbe967e79c813f72f8a5e9ef855e93142a2308?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 3) 13 5 1 5 12 Myrtle Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.039249716566 24.922683211174

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang