San Lameer Villa 1933
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 1933, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 1933 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Landgoed. Dié subtropiese paradys is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en spog met ryk voëllewe, plantegroei, wild en doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewarea bied 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en 'n kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.
Hierdie tweeslaapkamer-villa bied slaapplek vir 4 mense en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die villa het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër vir ekstra gerief. Die eetarea het lugversorging en sitplek vir 6 mense en daar is ook gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n etenstafel met sitplek vir 6 en dit spog met 'n uitsig oor die tuin. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembad ontspan. San Lameer bied lowerryke areas, tuine vir pieknieks, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en 'n voëlkykdam aan gaste. Julle kan ook die gemeenskaplike braaigeriewe en voetslaanroetes geniet.
Daar is dakwaaiers in die slaapkamers en 'n Nespresso-koffiemasjien in die kombuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 77
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 1933, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 1933, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang