Sani Lodge & Cottages
- Kapasiteit: 104 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R362 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Sani Lodge & Cottages het 'n pragtige ligging op 'n 30 hektaar perseel direk langs die uKhahlamba-Drakensbergpark. Dit is op die Sanipas, net 16 km van die Lesotho-grens af en die bekende Giant's Cup-roete en baie ander oornag-voetslaanroetes die gebergtes in begin hier.
Die lodge word deur die eienaars bestuur en bied 'n verskeidenheid verblyf om verskeie begrotings te pas soos standaard-dubbel- of 2-enkelbedkamers, en suite-rondawels, 4 selfsorgkothuise en kampeerplek.
Twee van die kothuise het berguitsigte. Die verblyf spog met 'n swembad met fantastiese berguitsigte, 'n restaurant wat alle maaltye bied, 'n kroeg en 'n staproete.
Twee kothuise, Honeyguide en Ntshitshi, bied slaapplek aan 6 gaste terwyl Aloe en Guineafowl slaapplek aan 4 gaste bied. Honeyguide en Aloe het berg-uitsigte en 2 badkamers elk. Elke kothuis het 'n braai.
Daar is 'n sentrale area vir die standaardkamers en rondawels met 'n selfsorgkombuis, sitarea, braai-area en swembad. Die kombuis is met 'n stoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus, terwyl die sitarea 'n oop kaggel, boekhoekie met boeke en eetareas het. Gaste kan hul eie hout saambring om die buitebraai aan te steek en 'n vleisie te braai.
Die restaurant op die perseel is 7 dae per week oop vir ontbyt, middagete, aandete en teetyd-bederfies. WiFi is ook beskikbaar. Gaste kan buite in die restaurant se tuin of binne sit en uitstekende, tuisgemaakte maaltye en heerlike cappuccinos van vars, organiese koffiebone geniet. By die restaurant is daar 'n kroeg wat bier, skemerkelkies en mengers bedien.
Daar is ook 'n kunsvlyt- en plaaswinkeltjie op die perseel. Die plaaswinkel verkoop die plaas se melkprodukte soos kaas, roomys, jogurt, roomkaas, feta, halloumi, botter en vars melk, terwyl die kunsvlytwinkel plaaslike, Suid-Afrikaanse kunsvlytmakers en pottebakkers ondersteun. Daar is ook 'n kunsgalery met skilderye deur Simone Suchet en sy bied ook Paint On Clay-werkswinkels.
Toere by die Sanipas op en tot in Lesotho kan by die lodge bespreek word en word deur 'n toermaatskappy, Drakensberg Adventures, wat op die perseel is georganiseer. Daar is ook begeleide oornag-voetslaanuitstappies waar gaste in 'n grot in die Drakensbergpark slaap of gaste kan hulle eie voetslaanuitstappies aanpak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Simone Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sani Lodge & Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 104 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang