Settle Inn
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Settle Inn is in Sutherland geleë. Die Sutherland Planetarium is net 250 m vanaf die verblyf en die Southern African Large Telescope is net 18 km ver.
Verblyf word in die hoofhuis, die kothuis en die Settle - Inn-woonstel gebied. Die hoofhuis het 'n privaat ingang en beskik oor 4 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Drie van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Ander geriewe sluit 'n binnebraai-area, 'n sitarea met 'n TV met die DStv-hotelpakket insluitend KykNet 144 in. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gratis toegang tot WiFi word voorsien.
Die kothuis het 'n privaat ingang en beskik oor 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Settle - inn Apartment is 'n aparte eenheid met slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof en 'n oond toegerus. Dié eenheid het DStv, WiFi en 'n onderdakbraai. Daar is turn-power-ligte en 'n eenplaatgasstoof vir beurtkrag.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek. 'n Oppasdiens en wasgoeddienste is beskikbaar indien gereël.
Aktiwiteite in die omgewing sluit die planetarium, perdry, fietsry, wildkyk, bergfietsry, sterrekyk, voëlkyk, wildritte en begeleide staptogte in.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Etienne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 52
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Settle Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sutherland Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang