Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shangri-La

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisweg 1590, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Shangri-La is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Marlothpark in Mpumalanga. Dit is die ideale opsie vir 'n rustige bosveldwegbreek aangesien daar 'n privaat, verhitte plonspoel is.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die ander twee slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort. Slegs 2 van die slaapkamers het lugversorging terwyl die derde slaapkamer 'n dakwaaier het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n yskassie, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek sodat gaste maaltye saam kan nuttig. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Shangri-La het 'n rugsteunstelse vir water en krag in die geval van beurtkrag.

Die leefarea lei na 'n houtdek met gemaklike buitemeubels, 'n vuurput, 'n etenstafel en 'n verhitte plonspoel. Braaigeriewe is beskikbaar en hier kan gaste heerlik met 'n skemerkelkie ontspan en na die voëlgesang en klanke van wilde diere luister.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jo J
Gesin met klein kinders
5.0
Top. Baie lekker. Geen klagtes.
Nov 2024
Johan J
Gesin met klein kinders
5.0
Beste nog in Marlothpark! Wonderlik! Ons sal definitief weer kom kuier!
Jul 2024
Leander V
Gesin met klein kinders
5.0
In 20 jaar wat ek na Marloth Park toe gaan vir vakansie, was hierdie die beste. Het fantasties gebly. Die huis was veilig, het alles wat mens nodig he...
Sien meer
Jun 2024
John S
Gesin met klein kinders
5.0
Quite & relaxed. This house is a gem & our holiday was exquisite. It's rare to find an establishment where everything works to make you...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Dirk H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie lekker plek het alles wat mens nodig het.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dupie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Volstruisweg 1590, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Shangri-La het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisweg 1590, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89f0a0b7e3e12e6cdf60280251f899a331b18db544d32d6c5dc27fb52dcca131a073f6dd5e8fa52d507bb4673bbb2155a42a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8) 10 5 1 5 1590 Volstruis Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.3460814 31.7599504

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang