Somethin Special Guest House
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rabestraat 107, Mokopane, 0600, Limpopo
- Vanaf R920 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Somethin Special Guest House word deur familie bestuur en is in Mokopane, Limpopo geleë. Dit bied gerieflike verblyf aan sakereisigers en vakansiegangers. Hierdie gastehuis is sentraal geleë en naby die dorp, winkelsentrum, wegneemetes, restaurante, asook 'n gimnasium, maar bied steeds rustigheid.
Verblyf word in selfsorgeenhede gebied wat elk lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met óf 'n bad óf stort en 'n toilet het. Katoenlakens en -handdoeke word voorsien. Die kamers het elk 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, lugbraaier, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is.
'n Lessenaar, onbeperkte WiFi, 'n slim-TV met sekere DStv-kanale is ook beskikbaar. Die huis het ook 'n volledig toegeruste gemeenskaplike kombuis, waskamer, tuin, swembad, braaigeriewe en 'n pooltafel. Sonkrag is beskikbaar, maar is beperk tot ligte, waaiers, WiFi, TV's en om 'n skootrekenaar en 'n selfoon te laai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Rabestraat 107, Mokopane, 0600, Limpopo
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rabestraat 107, Mokopane, 0600, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang