Sonador Bush House
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 17 Jan 2025 tot 19 Jan 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luislanglaan 1503, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 740R1 160 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Sonador Bush House is 'n selfsorg-bosveldhuis in Marlothpark, 'n bewarea op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Hierdie vakansiedorp is die tuiste van 'n verskeidenheid wild wat sebras, rooibokke, wildebeeste en kameelperde insluit.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die tweede slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens, plafonwaaiers, lugversorging en gaste deel die gebruik van 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Al die slaapkamers het waaiers en muskietgaas by die vensters.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n swembadjie, 'n braai-area en 'n uitsig oor die bos. Die huis het ook 'n uitkykdek waar gaste hulle oggendkoffie, skemerkelkies en 'n uitsig oor die diere in die bewarea kan geniet.
Gaste kan verskeie aktiwiteite soos die Krugerwildtuin, insluitend selfry-safari's, pieknieks en begeleide wildritte met plaaslike maatskappye onderneem. Hier kan gaste die groot 5 gaan sien.
Die eiendom het sonkrag en batterye, asook 'n JoJo-tenk is beskikbaar in die geval van krag- of wateronderbrekings. Daar is ook onbeperkte internet en 'n privaat uitkykpunt met 'n uitsig oor die Krugerwildtuin in die weste.
Die slim-TV het ook Netflix en gaste kan met hul eie DStv-besonderhede. Die oopplan-area het ook lugversorging en plafonwaaiers. Al die vensters het almal muskietgaas voor wat wat insekte uithou.
Die huis is privaat en die erf word nie met ander huise en gaste gedeel nie. Gaste kan alleen kuier en ontspan by die groot swembad en die braaigeriewe geniet.
Onderdakparkeerplek vir 2 voertuie en ekstra parkeerplek is beskikbaar. Die huis is ook toegerus met 'n alarmstelsel, met 24 uur-reaksie deur die plaaslike sekuriteitsfirma. Daar is ook 'n sekuriteitskamera wat gebruik word, indien die alarm sou afgaan, vir kontrole van wilde diere en om te help met die beveiliging van die huis en sy gaste.
Daar is 'n rits restaurante slegs 2,5 km ver wat ontbyt, middagete en aandete bied. 'n Aantal ander ontspanningsgeriewe is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jaco Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Luislanglaan 1503, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Sonador Bush House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luislanglaan 1503, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang