Song of the Whales
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 22 Nov 2024 tot 31 Jan 2025.
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen-straat 31, Manabastrand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 329R1 197 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Song of the Whales is in Manabastrand, Margate en bied gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal is vir sakereisigers, paartjies, gesinne en vriendegroepe. Dit is naby verskeie winkels en restaurante.
Verblyf is beskikbaar in verskeie gastekamers wat elk 'n gemaklike bed en 'n badkamer met 'n stort of 'n bad het. Die kamers sluit die Deluxe Suite met see-uitsig, die Koninginsuite met see-uitsig, die Dubbelkamer met see-uitsig en Dubbelkamer met tuin-uitsig in. Elke kamer het 'n privaat ingang, platskerm-TV en tee- en koffiemaakgeriewe. Die gemeenskaplike kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus.
Die perseel het 'n gemeenskaplike swembad, Jacuzzi en 'n braai-area, en veilige parkeerplek word voorsien.
In die vakansieseisoen is daar talle feeste vir jonk en oud wat op die hoofstrand in Margate, 2 km van die verblyf af plaasvind. Margate en Manabastrand bied uitstekende swem- en branderplankstrande en het gesogte Blouvlagstrande. Aktiwiteite in die omgewing sluit hengel, walviskyk, vierwielmotorfietsry, kajakvaar, haaihokduik, abseil, die besoek van kunsgalerye, die Riverbend Krokodilplaas, Margate se buiteklub, die Shelly Centre en South Coast Mall in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
- Frans
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Queen-straat 31, Manabastrand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen-straat 31, Manabastrand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang