Stamford on Sea
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Progressive-straat 2, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R12 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Stamford on Sea is 'n skouspelagtige vakansiehuis wat selfsorgverblyf in Onrus bied. Dit is naby Davies Pool en die hoofstrand geleë en spog met 'n manjifieke uitsig oor Walkerbaai.
Die smaakvolle huis beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed wat ideaal is vir 2 kinders. Daar is ook 2 gastetoilette.
Die huis beskik oor 2 kombuise en 2 leefareas op die eerste en tweede verdieping. Elke kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus. 'n Opwaskamer en wasgoedgeriewe is op die tweede verdieping beskikbaar.
Op die eerste verdieping is daar 'n ruim sitarea, 'n speletjiesarea met 'n pooltafel wat in 'n tafeltennistafel omskep kan word, en 'n klein gimnasium met 'n gewigtemasjien, trapmeul, roeimasjien en opsit-oefenbankie. Die sitarea lei na 'n dek met 'n swembad en 'n ingeboude braai. Die tweede verdieping het 'n sitarea met binnebraaigeriewe, 'n TV-kamer en 'n kroeg. 'n Hysbak verbind al die verdiepings, maar daar is ook 'n trap. Die groot tuin spog met 'n kunsmatige oppervlak vir gholfspelers wat sethoue en kaphoue wil oefen, en 'n lieflike fontein wat voëllewe lok.
DIe verblyf het 'n 12 kW-omsetter en 'n 15 kW-litiumbattery wat al die muurproppe en ligte tydens beurtkrag aan sal hou, maar nie die hysbak, geiser, swembad of lugversorging nie. Die swembad is verhit.
Veilige parkeerplek is op die perseel en in die motorhuis beskikbaar. Daar is ook gratis WiFi en DStv.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 420
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Progressive-straat 2, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Progressive-straat 2, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang