Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stay@Melkbos

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dromedarisstraat 11, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Stay@Melkbos is in die bekoorlike dorpie Melkbosstrand. Dit is 'n lieflike selfsorghuis ongeveer 350 m vanaf die strand en dit is ideaal vir 'n groot gesin.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer word gedeel en het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 4 stoeltjies. Die eetarea het 'n groot etenstafel met 10 stoele. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel en 'n TV met DStv Now, Netflix en Disney+. Daar is ook 'n binnebraai in die sitarea en die tweede leefarea bied ekstra slaapplek aan 2 kinders.

Die huis het ook 'n omsetter wat die TV, WiFi en sekere ligte tydens beurtkrag aanhou. Daar is ook 'n alarmstelsel en laserstrale.

Gaste het toegang tot 'n tuinarea met 'n eetarea, sitarea, pizza-oond en 'n braai-area. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mari-Lu Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Dromedarisstraat 11, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay@Melkbos het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dromedarisstraat 11, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd87b333696fab4457505f95756d646bb58b9b2d825c385acd07a2424d5c4109f69527d56e56664f9d94ef810a0eeea0502ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 11 Dromedaris Street Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 11:00 -33.7075817 18.4455434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang