Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strathwold Farm - Stonehaven Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4,2 km vanaf R36, Strathwold-plaas, 12,9 km vanaf Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Strathwold Farm - Stonehaven Cottage is 'n historiese selfsorgkothuis op 'n pragtige plaas tussen Watervalboven en Machadodorp in die welige provinsie Mpumalanga. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek buite die stad se gedruis.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n bababedjie en enkelmatras. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die knus oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis vuurmaakhout is beskikbaar.

Die dubbeldeur lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n Weber-braai, asook 'n sonnige stoep met 'n sambreel, tafel en stoele. Hiér kan gaste die uitsig oor die omliggende plaas en op die berge bewonder.

Strathwold-plaas bied verskeie staproetes, bergfietsry, voëlkyk en wildkyk. Elande, wildebeeste, waterbokke, rooibokke, swartwitpense, blesbokke en 'n kameelperd woon op die plaas. Gaste kan ook op die 2 plaasdamme roei.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbedjie

1 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marian E
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut fenomenaal. Die stilte en privaatheid is fantasties. Ideale plek vir ontspan en batterye herlaai. Die cottage is knus met alles wat benodig i...
Sien meer
Aug 2024
Sandy M
Gesin met klein kinders
5.0
Heaven on earth. Heaven on earth! The cutest cottage I have ever seen. We really enjoyed our mini getaway with the kids. Definitely rec...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Debby V
Saam met vriende
5.0
Idyllic, peaceful, charming. Our stay was lovely. It's peaceful and quiet, and I definitely wish we could have stayed longer. The dirt ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Adriaan Francois D
Saam met lewensmaat
5.0
Van die beste. Verbly par exelence. Vyf ster een van die lekkerste oornag plekke waar ek al oorgebly het. vriendelikheid verdien vermelding.
Apr 2024
Annelize D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly, sal beslis weer gaan en langer bly! Baie dankie vir al jou moeite. Ons sal beslis weer moet kom kuier en bietjie langer bly. Julle kan ...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Annatjie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 17

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 4,2 km vanaf R36, Strathwold-plaas, 12,9 km vanaf Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink Strathwold Farm - Stonehaven Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Elandsvallei Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4,2 km vanaf R36, Strathwold-plaas, 12,9 km vanaf Machadodorp, 1170, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ab8412e79209b1310212f36eb7f2138d11ae95823966bb5308a4381e5871a8e22885799e6925319999d214dd7287652ca27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 4.2 km from R36 Strathwold Farm 1170 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.589475639915 30.249762955895

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang