Sundowner Bushcamp
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Deel 4 Groot Nylsoog Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 18)
Beskrywing
Sundowner Bushcamp is 'n privaat boskamp in die natuur en is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met vriende en familie en ook vir partytjies. Dit is ook ideaal vir spanboun- en gholfnaweke. Die hele kamp word net aan een groep verhuur. Dit is baie gerieflik vir 10 persone wat nie wil deel nie, maar kan tot 18 gaste akkommodeer. Die boskamp is 19 km buite Bela-Bela.
Daar is 'n groot gemeenskaplike lapa met 'n braai-area, kroegarea, swembad en 'n volledige kombuis met 'n yskas en vrieskas, mikrogolfoond, braaitoerusting, driepootpotjies, eetgerei en breekware.
Verblyf is beskikbaar in 3 safari-tente en 2 houthuisies. Daar is 2 tente met dubbelbeddens en 'n stapel en 1 tent met 'n koninggrootte-bed. Die 2 houthuisies het elkeen 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die houthuisies het elkeen 'n toilet en 'n wasbak en daar is 'n ablusieblok met storte en toilette. Daar is ook 'n buitestort vir dée wat onder die sterre wil stort. Alle linne word voorsien.
Daar is 'n swembad en 'n trampolien. Gaste kan ook heerlik rondstap op voetslaanpaaie en daar is verskeie gholfbane in die omgewing. Fietsryers is ook welkom. Musiek kan tot laat gespeel word en troeteldiere is welkom mits daar vooraf gereël word.
Thaba Kwena-krokodilplaas is 5 km ver, Thaba Monate en sy Zipline is 7 km ver en daar is verskeie gholfbane in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Groot Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Deel 4 Groot Nylsoog Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Sundowner Bushcamp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Deel 4 Groot Nylsoog Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang