The Farm House @ Beacon Vlei Guest Farm
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beacon Vlei Gasteplaas, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 750 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Farm House @ Beacon Vlei Guest Farm is 'n groter eenheid, en skuil in die hartjie van die KwaZulu-Natalse Middellande.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n instapstort onderskeidelik. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die vyfde en sesde slaapkamer elk 'n koningingrootte-bed het. Gaste deel die badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea en -eetarea het gemaklike rusbanke, asook 'n groot Jetmaster-kaggel. 'n TV met DStv is beskikbaar.
Die groot onderdakstoep bied sitplek en braaigeriewe, en spog met wonderlike uitsigte oor die 23 hektaar privaat dam. Die dam- en vleilandgebied is die tuiste van honderde pragtige voëlspesies, en wild, soos duiker, rietbok, bosbok, serval, rooikat, ystervark en wilde varke.
Gaste kan baarshengel, voëlkyk, bootvaart en 'n piekniek op die plaas geniet. Ander buitelugaktiwiteite wat in die omliggende platteland gereël kan word, sluit bergfietsry, perdry, kaptoere, slagveldtoere en valskermsweef in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Alexander Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 60
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Beacon Vlei Gasteplaas, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Balgowan Nottingham Road Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beacon Vlei Gasteplaas, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang