The Pines at Dondini Trout Farm
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highmoor-weg, Dondini Forelplaas, Kambergvallei, 3300, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 250 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Pines at Dondini Trout Farm is 'n gehalte selfsorgkothuis op Dondini Trout Farm, 'n 25,3 hektaar-eiendom aan die bokant van die Kambergvallei aan die grens van die Highmoor Natuurreservaat. Dondini is 'n pragtige eiendom wat met 'n mooi landskap en 2 foreldamme spog. Die Klein-Mooirivier, wat vir 1,5 km verby die perseel vloei, bied ook die geleentheid vir kunsvlieghengel.
The Pines Cottage is geskik vir tot en met 6 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-stort met 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, ketel en broodrooster. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv Premium-kanale en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n beskutte dek met sitplek, stoepmeubels en 'n uitsig oor die dam. Daar is 'n ingeboude braai in die tuin.
Die kalm en rustige omgewing is die perfekte ligging om te ontspan en ontlaai. Daar is wandelpaaie, staproetes en bergfietsry op die perseel. Langer ekskursies is by Highmoor beskikbaar wat net 'n paar kilometer ver is. Glengarry 9 putjie-gholfbaan is ongeveer 5 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Highmoor-weg, Dondini Forelplaas, Kambergvallei, 3300, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Pines at Dondini Trout Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highmoor KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highmoor-weg, Dondini Forelplaas, Kambergvallei, 3300, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang