Tulbagh Mountain Cabin
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Vanaf R2 650 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Tulbagh Mountain Cabin is 'n selfsorghouthuis tussen Tulbagh en Wolseley in die Tulbagh-wynvallei. Dié houthuis het slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid het alles wat 'n mens nodig het vir gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing.
Die houthuisie beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers, asook 'n buitestort en 'n lieflike buitebad. Die hoofslaapkamer in op die solder en het 'n koningingrootte-bed en 'n groot en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer is op die grondverdieping en het 'n losstaande bad en 'n aparte toilet. Daar is 'n driekwartbed in 'n alkoof bo die leefarea vir 'n vyfde gas, wat vooraf gereël moet word.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Die sitarea het lugversorging en lei na 'n stoep wat reg rondom die huis strek en ’n etenstafel het. Hiér kan gaste agteroorsit en die uitsig op die berge en oor die vallei bewonder, of die springbokke en rooihartebeeste op die plaas dophou. Daar is ook 'n TV met toegang tot Netflix, Chrome-Cast waarmee gaste DStv vanaf hul skootrekenaar op die TV kan kyk.
Verder is daar 'n privaat grasdakbraai-area en 'n lieflike tuin met sitplek, 'n hangmat, buitebad en grasperke wat na die stroom wat verby die huis vloei, lei.
Mountain Cabin is ongeveer 6 km vanaf Wolseley, 15 km vanaf Tulbagh en 20 km vanaf Ceres, wat almal verskeie buitelugaktiwiteite bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 147
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink Tulbagh Mountain Cabin het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang