Twelve Apostles Hotel and Spa
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 154 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
- Vanaf R5 535 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Twelve Apostles Hotel and Spa het die meeste ure se sonlig in die ganse Wes-Kaap en spog met die allermooiste uitsigte. Dié hotel lê tussen 2 bewareas, naamlik die Tafelberg Nasionale Park met die Twaalf Apostelberge en 'n marienereservaat met 'n ononderbroke uitsig oor die Atlantiese Oseaan.
Daar is 70 kamers met see- en berg-uitsigte en al die geriewe wat jy van 'n gehalte-hotel sal verwag. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, gehaltelinne en -handdoeke, lugversorging, pantoffels, sagte japonne en 'n 24 uur-kamerdiens. Die gesinskamers bied slaapplek aan 2 kinders onder 12 jaar saam met hul ouers en daar is 2 troeteldiervriendelike suites, sodat die hele gesin met vakansie kan gaan.
Ander geriewe sluit 2 swembaddens met sonstoele in waar gaste kan ontspan. Daar is 'n verskeidenheid wandelpaadjies in die berge met pragtige piekniekplekke langs die pad. 'n Romantiese piekniek kan ook vooraf gereël word.
'n Smaaklike ontbyt met sjampanje en vars oesters word daagliks by Azure Restaurant voorgesit en die meer ontspanne Café Grill Restaurant is daagliks oop vir ontbyt of middagete, en soesji vanaf 12:30. Die meer formele Azure bied 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en is ook oop vir middagete en aandete met 'n uitgebreide wynlys. Die Leopard Bar het die beste uitsig in Kaapstad en is ideaal vir skemerkelkies, boetiekbier- en gin-proe. Die gewilde High Tea by The Sea word ook daagliks hier voorgesit.
Konferensiegeriewe is vir 'n halwe dag of voldag beskikbaar, en daar is sitplek vir 50 afgevaardigdes en al die nodige toerusting.
The Spa at Twelve Apostles het 'n span gekwalifiseerde terapeute wat ongelooflike behandelings in 7 kamers en 2 berg-gazebos met asemrowende uitsigte op die berge en oor die see bied. Daar is ook 2 hidroterapie-baddens, 'n stoomkamer, reënstort en ontspanningskamer vir spa-gaste. Die filmteater het sitplek vir 16 hotelgaste en hulle kan enige tyd 'n film kyk en springmielies, lekkernye en warm sjokolade geniet.
Die hotel se unieke ligging verseker 'n ontspannende wegbreek buite die stad. Die stad se wêreldklas-aktiwiteite is net 20 minute ver en die hotel is gerieflik naby Kampsbaai geleë met strande, restaurante en die res van die skiereiland se besienswaardighede, soos Houtbaai en Kaappunt.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
JdT Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 24
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
- Gaste dink Twelve Apostles Hotel and Spa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Atlantiese Seekus Houtbaai Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 154 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang